Sunday, January 9, 2011

AAN MY KINDERS

Goeie môre ….

Ons is tans nie tuis nie, maar laat asseblief ‘n boodskap na die toon. As jy een van ons kinders is, druk die nommer kind wat jy is en druk dan een van die volgende nege opsies, sodat ons by ons terugkoms kan weet wat ons moet doen:

1. As ons die kleinkinders moet kom oppas, ...druk 2

2. As julle ons kar wil leen, druk 3

3. As julle wil hê ons moet julle klere was en stryk, druk 4

4. As julle wil hê dat die kleinkinders by ons moet kom slaap, druk 5

5. As julle wil hê dat ons die kinders by die skool moet gaan haal, druk 6

6. As julle wil hê dat ons vir julle ‘n maaltyd moet voorberei of dit by julle huis aflewer, druk 7

7. As julle hier wil kom eet, druk 8

8. As julle geld nodig het, druk 9

9. As julle ons vir ete gaan nooi, of ons teater toe wil vat, begin praat, ons luister.

Tuesday, July 1, 2008

NEVER GIVE UP


TIPS FOR THE LADIES


1. Aspire to be Barbie - the bitch has everything.

2. If the shoe fits - buy one in every colour.

3. Take life with a pinch of salt ... a wedge of lime, and a shot of tequila

4. In need of a support group - Cocktail hour with the girls!

5. Go on the 30 day diet. (I'm on it and so far I've lost 15 days).

6. When life gets you down - just put on your big girl panties and deal with it.

7. Let your greatest fear be that there is no PMS and this is just my personality.

8. I know I'm in my own little world, but it's ok. They know me here.

9. Lead me not into temptation, I can find it myself.

10. Don't get your knickers in a knot, it solves nothing; and makes you walk funny.

11. When life gives you lemons in 2008 - turn it into lemonade then mix it with vodka.

12. Remember every good looking, sweet, single male is someone else's ex boyfriend!

13. Now send to any girl wasting time at work, suffering from a hangover, or just might need a reason to smile


GEBED


Wat 'n pragtige dag.
Na 'n wonderlike nag.
Vader, skenk my tog die krag
Om alles te kan vermag
Wat hierdie nuwe dagVan my verwag
Skenk my geduld as ek vir iemand wag
En as ek wil kwaad raak, hou my stemtoon sag
Leer my om liewer vir myself as vir ander te lag
Maar 'n glimlag te deel eerder as om vir een te wag
Maak my elke sekonde bewus van die Skepping se prag
En laat my nooit twyfel aan U Mag
Amen

TIME


Time is Like a River.... You can't touch the same water twice.

Because the flow that has passed will never pass again So enjoy every moment of your life


DIE ONSKULD VAN N KIND

Hoekom het God Mammas gemaak?
Deur Gr- 4 outjies.
1. Sy is die enigste een wat weet waar is die sello-tape en prestick!
2. Sy moet eintlik net die huis skoon hou.
3. Sy moet ons uithelp as ons gebore word.

Hoe het God Mammas gemaak?
Hy het grond gebruik net soos met almal van ons.
Hy het bonatuurlike kragte en baie tou.
Die Here het my ma gemaak net soos vir my.
Hy het net groter goed soos kop, arms en bene en goeters gebruik.

Van watter bestandele is Mammas gemaak?
1. Die Here het Mammas gemaak uit wolke, engeltjie vlerkies en hare en baie ander lekker goed in die wêreld. Maar ook 'n klein bietjie lelik en gemeen want sy is partykeers kwaai.
2. Hulle het begin om mammas te maak van mans se bene, maar ek dink hulle het meestal 'n klomp tou en lyn gebruik.

Hoekom het jy JOU Mamma gekry en nie sommer enige ander mama nie?
1. Ons is familie.
2. Die Here het geweet sy hou meer van my as ander kinders se ma's.

Toe jou Mamma klein was, watter soort dogtertjie was sy?
1. My Mamma was altyd net my mamma en niks van daardie ander soort goed nie.
2. Ek weet nie want ek was nie daar nie. Maar ek dink sy was nogal baie baasspelerig.
3. Hulle sê sy was baie gaaf en lief.

Voordat sy met jou pa kon trou, wat moes sy van hom weet?
1. Sy van.
2. Sy moes weet van sy aftergrond. Lyk hy soos 'n skelm? Word hy dronk as hy bier drink?
3. Maak hy ten minste R56, 000.00 per jaar? Sy moet weet of hy JA of NEE gesê het vir drugs. Ook of hy JA of NEE sê vir los werkies soos huis werk?

Hoekom het jou Mamma met JOU Pappa getrou?
1. My Pa maak die beste spaghetti in die wêreld en my ma eet baie.
2. Sy het te oud geword om enige iets anders met hom te doen.
3. My Ouma sê sy kan dit nie verstaan nie, my Ma het seker nie mooi reguit gedink nie.

Wie is die baas in julle huis?
1. Mamma wil nie die baas wees nie, maar sy moet want sy sê my pa is dom-onnosel.
2. Ma is. Jy kan dit sien as sy na my kamer kom kyk. Sy sien al die goed onder die bed raak.
3. Ek dink my ma is die baas. Maar net omdat sy soveel meer goed het om te doen as my pa.

Wat is die verskil tussen ma's en pa's?
1. Mammas werk by die werk en hulle werk by die huis. Pa gaan werk net by die werk.
2. Mammas weet hoe om met my juffrou te praat sonder om haar bang te maak.
3. Pappa's is groter en sterker maar Mammas het invloed en gesag, want jy moet haar vra as jy by 'n maatjie wil gaan oorslaap.
4. Mammas het 'n tower stokkie. Hulle kan jou beter laat voel sonder medesyne.

Wat doen jou Mamma in haar vrye tyd?
1. Niks. Want Mammas het nie vrye tyd nie.
2. Jy moet haar hoor! Sy betaal rekeninge die hele dag lank.

Hoe kan mens jou Mamma perfek maak?
1. Aan die binnekant is sy reeds perfek. Buitekant . . . ek dink een of ander soort plastiese operasie.
2. Die't, jy weet, haar hare. Ek dink miskien blou.

As jy iets kon verander aan jou Ma, wat sal dit wees?
1. Sy het hierdie nare ding in haar kop dat ek my kamer moet aan die kant hou. Ek sou daarvan ontslae raak!
2. Ek sou haar slimmer maak, dan sal sy weet dit was my sussie wat dit gedoen het en nie ek nie. 3. Ek sou graag wou hê daardie onsigbare oë agter in haar kop moet uitval.

BEDANKING

BEDANKING

Heil sommer die leser ook.
Hiermee dien ek amptelik my bedanking as volwassene in.
Ek het besluit om weer al die verantwoordelikhede van 'n 8 jarige te aanvaar.
Ek wil McDonald's toe en dink dat dit 'n 4 ster restaurant is.
Ek wil weer stokkies oor 'n reën poeletjie laat seil en 'n sypaadjie pak met klippe en aan-aan speel.
Ek wil weer dink dat Smarties beter as geld is want jy kan die goed eet.
Ek wil op 'n warm somersdag onder 'n groot skaduboom lê en saam met my pellies lê en droom met 'n grassie innie kies.
Ek wil weer terugkeer na 'n tyd toe die lewe eenvoudig was, jou kennis beperk was tot kleu re , maal en deel tafels en Siembamba .
Dit het jou nie getraak dat jy nie geweet het wat jy nie geweet het nie, so what !
Al wat jy geweet het was om gelukkig te wees want jy was salig onbewus van al die dinge wat jou moes ontstel of laat worry soos vrypuisies byvoorbeeld.
Ek wil weer dink dat die lewe goed en regverdig is, en dat almal eerlik en opreg is.
Ek wil weer glo dat enigiets moontlik is.
Ek wil salig onbewus wees van die kompleksiteite van die lewe en weer opgewonde raak oor die klein goedjies in die lewe soos gekleurde popcorn.
Ek wil weer eenvoudig lewe.
Ek soek nie dae wat bestaan uit computers wat crash nie, berge papierwerk, nuus wat depress nie , hoe om meer dae in die maand te hanteer as wat daar geld in die bank is nie, doktersrekeninge, skinder, siektes, en die verlies van geliefdes.
Ek wil weer glo in die krag van 'n glimlag, drukkies, 'n vriendelike woord, die Waarheid soos wat dit in die Begin bedoel was, regverdigheid, vrede, drome, die verbeelding, die mens sonder sy maskers en skuins motiewe, en sommer net modderkoekies bak.
So . .. hier is my tjekboek en my motorsleutels, my krediet kaartrekeninge en sommer die hele kaboedel wat soos grootmens lyk.
Ek bedank offisiëel as volwassene.
As jy hierdie saak nog verder wil uitpluis of wat ook al jou intensie is, moet jy my eers inhol, want........
....." Touch! Jy kan my nie vaaaang nie!! "


Kom ons word weer soos kinders want dis tog aan hulle wat die Koninkryk behoort, Die eenvoudige dinge in die lewe is baie keer die kosbaarhede wat ons op ons oudag sal onthou.
'n Lekker druk van my af .


Ek hoop jy val langs my in !

OULIK

Soos ons ouer word, word ons al swaarder, want ons
dra 'n klomp informasie en wysheid saam met ons. So,
ek is nie vet nie....ek is net baie intelligent!

OP DIE VLEUELS VAN GEBED

Op die Vleuels van Gebed

Sluit net jou oë; maak ope jou harten weg is jou kommer, jou pyn en jou smart.
Gee jou net oor.
Luister - wees stil,Laat hy jou lei, berus in Sy wil.
En gaan ons gebuk onder laste wat knel,wat sal dit baat om gedurig te kwel?
Want as ons volhard en ons doen ons bes,dan neem God by ons oor, en Hy doen die res.
En word ons soms swak na liggaam en gees -'n Geopende deur sal daar altyd wees;en dit is die deur van "die Huis van Gebed"waar God vir ons wag as ons Hom nodig het.
En ons vind daardie huis en ons vind ook die Heer,waar ons kniel en stil in gebed verkeer.
Want God soek die hart gereining en skoonen maak dit Sy tempel om daarin te woon.
God hoor ons gebede en hy antwoord beslisas ons net in Sy Heilige Wil berus,en ons sorge en kommer - die laste wat plaword op kragtige vleuels van gebed weggedra.

Saturday, June 28, 2008

MORNING GLORY



THESE TWO PHOTOS HAS BEEN TAKING ONE MORNING OUT OF MY BEDROOM...

SANDART





IS THIS AMAZING OR WHAT????????????????

THIS IS SOOO CUTE...


AG TOGGIE


Saturday, June 14, 2008

SHERRY EN BEN


SHERRY SE ANDER HELFTE...BEN...


BEN WIL NET VIR JOU SE DAT ONS JOU SOMME BAIE LAAIK...HOOP JY BLY VIR ALTYD...

MIS JULLE SO BAIE....





MIS JULLE SO BAIE....

JOHAN...


EK HET NIE N CLUE AS WAT JOHAN AANGETREK IS NIE...


Friday, June 6, 2008

HARD BESIG


JA EK KAN OOK WERK.hIER IS EK HARD BESIG OM DIE YARD TE WAS....NOG NIE AL DIE KOEIE IS KLA GEMELK NIE. DIE HEK WAS IN DIE HELFTE VAN DIE YARD SOO OM TYD TE SPAAR HET EK MAAR BEGIN SPUIT.

DUANE


DUANE MY OU GEWILLIGE KIND....ALTYD REG OM IETS TE DOEN...

MAXINE


HIERDIE IS EEN VAN MY VRIENDINNE...


SY IS N KIWI EN HAAR MAN DJ WERK SAAM MET FRITS OP DIE PLAAS.ONS HET NOGAL BAIE FUN SAAM.

BIETJIE KOUD.




JA ONS WINTER HET NOG NIE EERS BEGIN NIE MAAR KYK HOE WIT IS DIT AL IN DIE OGGENDE...

MY DOGTER


ZANE(wielietjies)



AS JY VIR ZANE KRY OM N FOTO VAN HOM TE NEEM MOET JY JOU KANS VAT WANT ONS SIEN HOM SO MIN EN AS JY HOM SIEN HET HY ALWEER N METER GEGROEI...

JOHAN EN SHERRY


DIE TWEE SPEEL N BIETJIE 007....

BOONTJIES.


DIE TWEELING BY PA SE BOONTJIES.....

Thursday, June 5, 2008

ONSE KLEINKIND


KLEINE RAYNIER...JINNE JULLE KAN BLY WEES ONS IS IN N ANDER LAND.HY SAL SO BEDERF WORD DAT JULLE HOM VIR ONS SAL GEE.
BAIE GELUK JULLE TWEE EN OU SAREL EK HET GEWEET JY HET DIT IN JOU!!
MAG HY VIR JULLE VREUGDE BRING. HY IS PRAGTIG

JAMES


GAAN JOU MIS JAMES........HOOP JY KYK VAN DA BO AF EN SIEN WAT ALMAL AANVANG......


DEAR LORD


verlange is vreeslik

EK HET GISTERAAND MET MY MA GEPRAAT EN DIE VERLANGE IS ERG...PAPPIE IS OP DIE 5de JUNIE 7 JAAR OORLEDE..MIS JOU VERSKRIKLIK PA....

UITEINDELIK

EK SUKKEL MY GAT AF MET HIERDIE BLOG...EK WIL N ANDER AGTERGROND OPSIT MAAR DINK JULLE EK KRY IETS REG.

WEL EK HET MAAR DIE EEN WAT NOU OP IS GEVAT...DIE GROEN IS EINTLIK N FAIRY SO EK MA IEMAND DINK DIS MOOI..

Tuesday, May 27, 2008

NET N BIETJIE GESPEEL MET DIE KAMERA











KYK NOU NET SULKE MOOI KINDERS. AI!, MA EK IS GELUKKIG....






Friday, May 16, 2008

SOKKER

HI DA ALMAL..WEL DIS SATERDAG EN DIT BETEKEN SOKKER. JA DUANE SPEEL SOKKER ELKE SATERDAG IN DIE DORP BY CROWN PARK. HY GENIET DIT BAIE..

VANDAG HET HY N MAATJIE SAAM WAT GA KYK.SY NAAM IS TYSON..

Thursday, May 15, 2008

Hallo daaa

Wel wil net se dat ek terug is om te blog....

Sal so paar fotos opsit

Wednesday, September 12, 2007

Ons huis brand


In 2006 op die 2de Junie het ons huis afgebrand.Dit was die ergste dag in ons hele lewe...

Ons het alles verloor behalwe die klere wat ons aangehad het. Gelukkig was niemand by die huis nie. Die brandweer se dit was n elektriese kombers gewees wat die brand veroorsaak het. Alles het na die kombers toe gelei.

Ons het n hond met die naam van Missy,twee klein katjies en 3 voeltjies gehad wat daai dag ook in die huis was.Dit was in die middel van die winter so dit was baie koud toe almal weg is by die huis en daarom was die diere nog in die huis gewee.

Hulle almal is dood en is in die sitkamer gekry waar die vuur laaste was.

Soos julle kan sien op die foto het dit verskriklik gelyk.Maar nou ja ons het maar weereens onsself opgetel en aangegaan. Dit is nie maklik nie en tot vandag toe is ons baie versigtig met ons elektrisiteit en goete...

Tuesday, September 11, 2007

Shakira


Ons klein liefling Shakira...Sy is nou 7 maande oud en so oulik...

Rocket die kat.


Nog n "ruler" - Rocket die kat. Hy is so oulik.Maar moenie laat die mooi gesiggie jou flous nie.....

Frits-ons liefie


Hierdie is liefie.

Liefie werk elke dag met baie koeie en op die oomblik is dit kalftyd en dis baie harde werk.

Die tweeling


Hierdie is nou die "rulers" van die huis. Heinrich is aan die regterkant en Dewald aan die linkerkant.Hulle is 5 jaar oud.

Hulle is ook in Tirohanga school en geniet dit baie. Net n groot gesukkel om hulle in die oggend op te kry.

Duane


Duane is 11 jaar oud en n regte stoutgat.Ek glo nie daar is n boom wat hy nog nie geklim het nie.

Hy is in n klein plaasskooltjie. Die naam van die skool is Tirohanga School.

Daar is ongeveer 30 kinders in die skool.

Sherry-Lee




Sherry-Lee is 14 jaar oud(going onto 30).Sy is die enigste meisiekind in die gesin en glo my sy weet dit.

Johan


Johan is ook 16 jaar oud en hy bly in Cambridge.Dis n baie mooi dorpie.

Sy skool is Cambridge High.

Op die oomblik bly hy by sy meisie Melissa se ma en pa.

Zane


Zane is 16 jaar oud en gaan in Torbay skool.Die skool se naam is Longbay College.

Hy speel ook rugby vir die North Harbour span.

Alet en Mike


Hierdie twee is dierbaar.Hier was ons by n kenmekaar aand in Taupo.

wie is ons?

Hallo almal.

Ons is suid afrikaner wat in new zealand bly...Ja, ons het die groot stap gevat en die land verlaat terwille van ons kinders(en da's baie).
My naam is Sylvia en my liefie is Frits.Altesaam het ons 8 kinders.Louis en Sarel is nog in Suid Afrika en die ander is saam met ons in New Zealand.Hulle is Johan(16),Zane(16),Sherry-lee(14),Duane(11) en dan die woelige tweeling Heinrich en Dewald(5).

Ons bly in n klein plekkie,Atiamuri. Dit is noordwes van Taupo.Taupo is die plek met die grootste meer ter wereld.Ek sal vir julle foto's opsit van die meer.

Ons of sal ek se Frits werk op n "dairy" plaas en is die herdmanager van omtrent 400 koeie.Dit is glad nie n grap om in hierdie land te boer nie want hier is nie n Josef om al die werk te doen nie. Hier doen jy alles self. Ek sal vir julle later in blog nog oor die plaas vertel want dis basies waaroor die lewe gaan..Werk,werk,werk,en nog werk...